Weskus Mall & Weslander Bride of the Year Event

Weskus Mall & Weslander Bride of the Year Event



13 Oct 19:00 - 22:00 - Vredenburg
Weskus Mall

Route

Is jy die Weskus se Bruid van die Jaar?

Weslander en Weskus Mall se sesde Bruid van die Jaar vir die tydperk Julie 2017 tot Junie 2018 sal in Oktober gekroon word.

Staan nou ’n kans om as die mooiste bruid in die Weskus gekroon te word.

Reëls
Bruide wat in die tydperk tussen 1 Julie 2017 tot 30 Junie 2018 trou, mag in-skryf.
Afsnydatums vir inskrywings is soos volg: Bruide wat tussen 1 Julie 2017 en 31 Januarie getrou het, het kans tot 31 Maart om in te skryf.



En bruide wat in die tydperk van 1 Februarie tot einde 30 Junie trou, se inskrywings moet die organiseerders teen 31 Augustus bereik. Onthou, daar is slegs plek vir 12 finaliste.
Let daarop dat bruide net mag inskryf nadat hulle getrou het, aangesien hul troufoto’s die inskrywing moet vergesel. Net bruide wat binne Weslander se verspreidingsgebied woon, mag deelneem.
Bruide wat inskryf, moet asseblief nie hul trourokke verkoop nie, aangesien hulle dit weer by die gala gaan dra. Die vroue wat hul rokke gehuur het, moet op eie koste sorg dat hulle weer ’n trourok het om in deel te neem.

Hoe skryf ek in?
’n Voltooide inskrywings-vorm en drie foto’s: ’n vollengtefoto van die bruid op haar troudag, een waar ons die bruid se gesig beter kan sien en ook ’n foto van die bruid en die bruidegom moet saam met ’n inskrywings¬vorm teen die afsny¬datums aan Weslander gestuur word. Inskrywings kos R250. Inskrywingsvorms kan bekom word deur ’n e-pos te stuur na nuus@weslander.co.za of bel Trish by 022 713 1251 of Joanne by 022 703 6900 vir enige navrae.

Nuwe kompetisie vir troufotograwe
Weslander en Weskus Mall is opgewonde om ’n nuwe kompetisie vir troufotograwe bekend te stel. Vroue wat inskryf vir Bruid van die Jaar moet hul fotograwe se besonderhede op die vorm verskaf.
By die gala sal ’n prys aan die beste fotograaf toegeken word en die bruid wie se troufotograaf wen, sal ook ’n prys kry.
Troufotograwe kan ook hul bruide nomineer vir inskrywings. Die beste fotograaf sal gekies word uit al die inskrywings se foto’s, nie net uit die 12 finaliste se foto’s nie.

Spogpryse vir wenners
Verlede jaar se wenners het weggestap met luukse wegbreekverblyf vir hulle en hul gades. Daar was ook ’n wildkykervaring weg¬ge-gee, ’n San-kultuur¬uit-stappie met ’n ervare gids, ’n romantiese spabederf vir die wenner en haar man, asook kontant en geskenkbewyse.
Hou die koerant dop vir die onthulling van die opwinden¬de pryse wat wag op vanjaar se Weslander/Weskus Mall se Bruid van die Jaar 2017-’18 en die



© 2018 Siguez